Verkeersdepartement Oepsie

Marnette en Andreas Meyer.

Marnette en Andreas Meyer.

Moenie besige mense se tyd mors nie! ‘n Melkbosstrander het onlangs rooi gesien vir Atlantis verkeersdepartement se vrotsige kommunikasie.

Marnette Meyer, ‘n fotograaf verbonde aan Bigshot Media, het twee weke gelede haar seun Andreas (21) na Atlantis se verkeersafdeling neem om ‘n leerlinglisensie vir sy motorfiets te kry.

Sy het ‘n water en -ligte rekening saamgeneem as bewys van adres en Andreas se pa het in ‘n beëdigde verklaring bevestig dat hy by hom woon. Albei dokumente is by die Melkbosstrand polisiekantoor gestempel. Maar toe die Meyers by die verkeersafdeling in Atlantis kom, was daar probleme.

Groot stempels, klein stempels …
“Die water en ligte moes ‘n groot stamp hê,” het die klerk gese. Na ‘n bietjie kopstampery het sy dit wel aanvaar en bygevoeg “die water en ligte rekening moet die oorspronklike wees.” Die volgende dag het Marnette weer vir Andreas na die verkeersafdeling geneem, die slag om sy leerlinglisensie vir ‘n motor te kry. Weer moes hy afvat by sy werk en weer het dinge gelol. ‘n Ander klerk het hulle gehelp – of miskien moet mens sê, nie gehelp nie. Sy’t gesê sy “kan my nie help nie, want die beëdigde verklaring moet ‘n groot stamp op hê.”

‘Bogger dit’
Dis toe dat Marnette besluit, “Bogger dit. Ek gaan bank toe en vra vir bewys van adres by Andreas se details.” Toe sy terugkom by die verkeersdepartement was dit net betyds om te hoor hoe die klerk ander mense wat dieselfde probleem het, oorsien. “Waar is haar menslikheid,” sê-vra Marnette.

Melkbos.net het die Atlantis verkeersdepartement gebel en gevra watter dokumentasie nodig is wanneer mens ‘n kind vir sy leerlinglisensie bring. “Twee ID foto’s, ID, bewys van adres, wat ‘n rekening kan wees, en ‘n beëdigde verklaring wat gestempel is,” het die dame by die skakelbord geantwoord. Hier was geleentheid vir nog ‘n oepsie-woepsie.

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.