Salon doen Gratis Hare

Marcelle Nicholas wil terug gee.

Marcelle Nicholas wil terug gee.

“Dis om terug te gee,” dat sy mense se hare en naels gratis doen een maal per maand, vertel Marcelle Nicholas. Die eienares van Salon Privé in Duinefontein het Sondag 24 April weer so gemaak.

En terwyl die vrouens se hare en naels gedoen word, en sommiges ‘n wyntjie drink, eet ander braaihoender, aartappelslaai, poeding, you name it.

Die tannie het twee maal na mekaar gekom.

Die tannie het twee maal na mekaar gekom.

Mag nie twee maal na mekaar kom
Die dag moet egter geadministreer word, vertel Marcelle. Dieselfde persoon kan nie twee maal na mekaar kom nie, hoewel een tannie in die geval dit wel reggekry het.

Marcelle knip en kleur vir 'n vale.

Marcelle knip en kleur vir ‘n vale.

Maar as jy jou pad in die salon ingebaan het, kan jy vra wat jy wil gedoen hê asof jy Donald Trump is.

Jy kan jou hare gratis laat kleur of knip en Marcelle wys daarop dat sy dieselfde salon produkte gebruik as vir haar gewone kliënte. Die vrouens wat vandag gekom het, is in ‘n avontuurlike bui. Een tannie spog met ‘n kop vol pienk en pers strepies wat haar blou oë mooi komlimenteer. ‘n Vrou se lang maanhaar spog met ‘n rooi soom. Die vrouens se naels word al om die ander vinger ‘n ander kleur geverf. In die geval van die tannie met die pienk en pers hare het sy een pienk nael, en een pers nael.

Mense gee om hierso
‘n Vrou wat onlangs van elders hierheen getrek het, staan nader. “Ek wil ook iets sê.” Sy vertel dat waar sy gebly het vantevore aaklig was, en haar oë skiet vol trane. Hier op Melkbosstrand gee die mense nog om. Sy het ‘n goeie werk gehad, maar sedert sy werkloos is, kon sy nie meer haar naels versorg nie. Sy sprei haar vingers uit dat mens kan kyk, en verdwyn vinnig na die agterkant van die salon.

Niemand knip ‘n oog oor die emosies wat oorgeloop het nie. Dis ‘n goedvoel dag, ‘n teruggee dag, en soms is dit lekker om net te ontvang.

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.