Rooies sing op Melkbosstrand

Rooies tree Saterdagaan by Minitown in Duynefontein op. Foto's: Rooies.co.za

Rooies tree Saterdagaan by Minitown in Duynefontein op. Foto’s: Rooies.co.za

Die gewilde Afrikaanse sanger Rooies gaan Melkbosstrand Saterdagaand 10 September aan die brand steek. Die sanger van treffers soos Hou jou Hanne van my Lyf Af, Koedoe Bul en Weskus Dromer tree op by Minitown in Duynefontein.

En dit gaan meer as ‘n show, wees, hoor. Trek gemaklike skoene aan, want julle sal kan dans. En diegene wat wil kossies en voggies saambring, is welkom. Platters met genoeg kos vir 10 mense kan bestel word teen R350 per platter by Annaleen van Coller. Daar gaan ook gelukkige trekkings wees met fantastiese pryse, en ‘n veiling.

Rooies in aksieKaartjies kos R100 elk. Maar opskud en bespreek julle kaartjies nou, of julle gaan uitmis! Kontak Annaleen van Coller by 084 646 0117. Die opbrengs van die aand gaan vir ‘n goeie doel. Dit gaan gebruik word om Melkbosstrand polisiestasie op te knap.

Rooies: 7.30 nm Saterdag 10 September by Minitown, Duynefontein, Melkbosstrand.

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.