My lewe met ‘n yskas vol craft bier & goed bedoelde raad

Die biere is met sorg deur TakeaLot se mense na ons gebring.

Die biere is met sorg deur takealot se mense na ons gebring. Foto: Melkbos.net

Dr Seuss. Foto: Wikipedia.org

Dr Seuss. Foto: Wikipedia.org

Deur Linza de Jager

Craftbier drinkers kan jou vertel: hulle duur sopie maak hulle gelukkig! Die binnekant van ons yskas hier op Melkbosstrand bevestig dit.

Hier’s ‘n versameling craft biere wat nou die dag deur twee vriendelike siele van takealot aangery is, en toe met soveel sorg die trappies af gedra is, jy sou kon dink dis pasgebore babas.

Hier’s die Happy Pills bier, wat soos nektar in my ou Maat se keel sal afgaan. Hier’s Maredsous bier wat deur Benediktynse monnike gebrou is. Hier’s bier met die stoute naam Californicator. Ag, en dis maar die begin. Vra my ou Maat; hy kan jou alles oor die biere se agtergrond vertel. Ek kan nie.

Ek’s glad nie ‘n bierdrinker nie, maar ek’s beïndruk deur die bemarking. Dit vertel stories en plant drome …

Happy Pills suggereer dat mens sal gelukkig wees as jy dit drink. Californicator is gemik op die rebel in my ou Maat, terwyl die monnike se bier dalk en dalk nie spirituele insigte suggereer. Dit laat my weereens dink dat mens jou lewe lank gebombardeer word met boodskappe oor hoe jy moet voel / wees / en optree.

Advertensies raai ons aan om mooi te lyk, jonk te lyk, maer te wees, ryk te wees, glamorous selfies te neem, sekere items te koop, sekere mense aan te hang en in sekere gesogte woonbuurte /aftree-oorde te woon. Reeds vroeg al besef mens dat jy uit is as jy bogenoemde nie doen nie. En hier’s die tragedie:  Alles kom min of meer neer op die volgende raad: “Moenie jouself wees nie! Moet ook nie bodder om uit te vind wie jy sou gewees het nie. Volg eerder hierdie voorbeelde!”

As rebel vind ek veel meer aanslag by die Amerikaanse kinderboekskrywer Dr Seuss se wonderlike raad.  “Today you are You, that is truer than true. There is no one alive who is You-er than You.”  Dis raad wat egter nie net van toepassing is op rebelle nie, maar op elke mens wat sy mensheid wil behou. Volg dié raad. Iets beter gaan jy nooit kry nie. En ignoreer die etikette as dit nie op ‘n bottel of blikkie is nie – dis my raad.

 

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.