
Hennie Jonker (links) saam met twee ander pioniers, Danie Grundlingh (langs Hennie) en Henri van Biljon, asook Hennie van Deventer.
Deur Hennie van Deventer
‘n Monument wat Hennie Jonker op Melkbos nalaat, is Blouberg Probus, die plaaslike arm van ‘n internasionale klub vir afgetredenes. Hennie is Maandagnag in sy slaap oorlede na ‘n lang, slopende stryd teen o.m. ‘n chroniese bloedsiekte.
Hy was 20 jaar gelede een van die stigterslede van Probus en het deur die jare met entoesiasme, toewyding en bekwaamheid ‘n leiersrol vervul. Op 6 Mei 1997 het Hennie die eerste president uit eie geledere geword en dit twee jaar lank gebly: 1997 – 1998 en 1998 – 1999. In 2004-2005 het hy ‘n tweede termyn gedien. Hy het deur voorbeeld gelei met betrokkenheid en ywer van die hoogste orde, asook ‘n strewe tot stylvolheid en dekorum.
Sy lojale meelewing en betrokkenheid ondanks sy gesondheidstoestand, was altyd ‘n inspirasie vir sy medelede.Hy is in 2015 met erelidmaatskap vereer.
Op die foto Hennie (links) saam met twee ander pioniers, Danie Grundlingh (langs Hennie) en Henri van Biljon, asook Hennie van Deventer. Henri en Hennie van Deventer was albei latere presidente en Danie was jarelange sekretaris.
Hy word oormôre, Saterdag 11 Junie, om 12-uur uit die NGK Melkbos begrawe.