Nuwe Huise & Vrese

Magdalene Minnaar in haar wit slaapkamer.

Magdalene Minnaar in haar wit slaapkamer.

Die inwoners van ou Wolwerivier trek binnekort na baksteenhuise met elektrisiteit. Dis net oor die veldjie, maar op ‘n manier is dit ‘n wêreld ver van hierdie plek waar almal soos familie voel. Hier’s verligting en onsekerheid in mense se harte.

Dis vreedsamer as vreedsaam op Wolwerivier wanneer ek besoek afle. Net ‘n paar mense is in die rondte, want dis Sassa se uitbetalingsdag en mense is dorp toe daarvoor. Hulle gaan met geleenthede, want hier’s nie openbare vervoer nie.

Tzanuhska beteken 'goue koring' in Russies.

Tzanuhska stap met haar boek rond.

‘n Jongvrou kom van voor af aangestap met ‘n seuntjie. Sy’t ‘n Mills & Boone novel by haar. “Dis my dogter,” stel Magdalene Minnaar bekend. “Haar naam is Tzanuhska, wat Russies is vir ‘Goue koring.’ Sy vertel dat Tzanuhska ‘n hart murmur het en dat sy as baba byna gesterf het. Sy beheer deesdae haar toestand deur te gaan slaap as sy moeg is.

Trek binnekort

Isabel Sylvester se man het groen vingers.

Isabel Sylvester se man het groen vingers.

In April trek Magdalene en die res van die inwoners van ou Wolwerivier na sementhuise met elektrisiteit. Dis ‘n kort trek, net oor die veld, na die nuwe deel van die nedersetting. Ander gemeenskappe word ook daarheen geskuif. Rooidakkies, Takkegat, Spoorkamp, Theo Marais. Daar’s ook reeds ‘n klompie mense van Blikkiesdorp wat aangevoer het dat hulle lewens in gevaar was.

Isabel Sylvester (links) en Magdalene Minnaar.

Isabel Sylvester (links) en Magdalene Minnaar.

Die huise gaan veel kleiner wees as die houthuis wat Magdalene se man vir hulle gebou het nadat hulle oorspronklike huis afgebrand het. Dit het genoeg kamers om privaatheid te verskaf, en in die spierwit slaapkamer is silwer insulering in die plafon. Uitstallings van ornamente wys dat Magdalene ‘n kunstige oog het. Sy vra verskoning oor die dooie grasperk. Die kinders van die gemeenskap wat sy gereeld kosgee, het die gras doodgespeel.

“Ons is soos een familie,” sê sy. Vir ‘n oomblik lyk sy bekommerd oor die toekoms van die familie wat binnekort saamgegooi gaan word met vreemdelinge. Die vraag hang in die lug. Gaan dit beter of slegter wees? Laat dit asseblief beter wees.

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.