Lang Vingers steel van Kerk se Groen Vingers

Sommige mense het groen vingers en sommige het lang vingers. En soms kruis hulle paaie. Onlangs het diewe die NG Kerk Melkbosstrand geteister. Van die kerk se plante is gesteel; so ook vier sproeikoppe. Om alles erger te vererger is die plante nie te ver vanaf die kerk, by die taxi rank voor Pick ‘n Pay, te koop aangebied.

Die NG Kerk se groen vingers loop deur onder lang vingers.

Die NG Kerk se groen vingers loop deur onder lang vingers.

Volgens die kerk se koster, Izak van der Walt, het die plantjies behoort aan die gemeenskapsentrum wat aan die kerk verbonde is. Die plant-dief is reeds geïdentifiseer. Die storie oor die vermiste sproeikoppe is egter meer kompleks. Van der Walt verduidelik dat die kerk se besproeingstelsel geprogrammeer is om elke oggend om 7 uur aan te skakel, waarna elke stasie 30 minute lank spuit. Dis nie ‘n geval van water mors nie, verseker Van der Walt. “Dis belangrik dat die publiek weet dat ons Munisipale vrystelling het van die waterbeperkings omdat ons drie “well points” en nie drinkwater gebruik nie.

Die plante is by die taxi rank te koop aangebied.

Die plante is by die taxi rank te koop aangebied.

“Ek het al gewonder of iemand wat nie bewus is van die vrystelling nie, ons stelsel saboteer, want die week voor hierdie was een van die pype afgesny.”

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.