Kyk Wie Vlieg so Lekker!

Anna Emm tydens haar tandem valskermsprong.

Anna Emm tydens haar tandem valskermsprong. Foto’s: Facebook

Die uitgewer en skrywer Anna Emm is alom bekend as ‘n kick-ass vrou.  En Dinsdagoggend vroeg het sy dit onderstreep toe sy  in Melkbosstrand omgewing uit ‘n vliegtuig kom spring het. Dit was met ‘n valskerm vanuit ‘n vliegtuig wat 9000 voet bo die aarde was. En dit het gelyk asof sy haar gate uit geniet.

Freefall
Die eerste 30 sekondes van die tandemsprong is wat mens noem “freefall.” Dit beteken dat die valskerm op daardie stadium nog nie oopgegaan het nie en dat die valskermspringer en Sky Dive Cape Town-instrukteur na die grond val teen ‘n tempo van 120 myl per uur / 200 kilometer per uur.

Anna 3Valskerm gaan oop na 30 sekondes
Na daardie bloedstollende 30 sekondes maak die instrukteur die valskerm oop; dit vind plaas op ‘n hoogte van 5000 voet. Die vlug grondwaarts duur ‘n verdere drie-vier minute, waartydens Tafelberg en die kuslyn besigtig kan word vanuit ‘n swaeltjie se perspektief.

“Dis absoluut crazy,” het Anna na die tyd gesê op Facebook
Sy het immers al vantevore gesê dat sy nie sal valskermspring nie! ‘n Omkeer het gekom nadat sy begin skryf het aan ‘n reeks witwarm romans wat in die Gran Via woonstelle in Tamboerskloof afspeel. Sy’t op Facebook verduidelik, “Voor ek boek twee aanpak, maak ek ‘n belofte aan myself. Ek sou gaan waar die stories my lei, ek sou alles doen wat my karakters doen, en sal nie skryf oor dinge wat ek nie self beleef het nie.

So begin research en onderhoude met mense. Ek maak nuwe vriende en leer nuwe dinge wat ek nooit geweet het nie. Dis great.

En toe, een nag in die donker van my kamer tussen slaap en wakker, spring my hoofkarakter in die boek drie, Cassidy, by ‘n vliegtuig uit. En ek wéét … haar storie kan nie anders eindig nie. Dit is háár journey, en as ek haar wil skryf, haar hart vir julle wil vertel, sal ek agter haar aan moet spring.

Op 7 Februarie 2017, 5000 woorde voor die einde van my boek, doen ek die één ding wat ek altyd gesê het ek nooit sal doen nie. Ek spring.”

Skydive Cape Town is geleë op die Brakkefontein pad buite Melkbosstrand. Tik “Skydive Cape Town” in op google maps. GPS koördinate: 33°38’48.0″S 18°28’13.0″E

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.