Koor mis dalk Big Apple

‘n Lid van die Melkbosstrand Hoërskool koor vertel dat musiek alles in haar lewe is. Sy en die res van die besondere koor oefen vyf tot ses maal per week voor ‘n groot geleentheid. Dis geen wonder dat elke lid van die 32-tal koor wat so mooi a cappella sing onlangs ‘n goue medalje en sertifikaat verower het by die Talent Africa-kompetisie.  Hierna is hulle genooi om deel te neem aan die finale rondte van Talent Africa in New York. Maar hulle sal seker nie kan gaan nie.

Elke koorlid sal ongeveer R60 000 moet hoes om in die Big Apple te kom, en om die hele koor daar te kry sal ongeveer R2 miljoen kos. Verlede  jaar kon net vyf lede van die koor die finale rondte bywoon. Dis die enigste wanklank in die koor se storie, en indien hier ‘n kultuurman met ‘n diep sak is, kan hy gerus help.

Volgens koor afrigter Andrea Lightley is die koor se pretasie eintlik te danke aan die skoolhoof mnr. Daneil Ross, wat kultuur so sterk ondersteun.

 

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.