Kinders van die Wind

Van die Argus fietsryers het op Milnerton vlooimark geland. Foto’s: Melkbos.net

Die Argus fietsresies het weggewaai. “Dis seker die eerste keer wat dit gebeur,” sê ‘n vriend. Nog ene sê, “Die mense wat van oorsee afgekom het moet baie susara wees.” Susara beteken geïrriteerd in dié geval. En hy moet reg wees, want die fietsryers kry nie hulle geld terug nie en hulle was seker lus vir ry.

Maar fietsyers is tawwe mense. Ondanks die wind wat plek-plek 100 km per uur gewaai het en die teleurstelling van nie kan deelneem aan die 40ste Argus resies, kon mens teen tee-tyd trossies van die 6500 fietsryers sien.

Epiese resies
Die epiese 109 km lange resies het vir sommige uitgedraai in
‘n uitstappie. Van die fietsryers het selfs op Milnerton vlooimark uitgespoel.

‘n Silwerkop het op ‘n sementbankie gesit voor die mark se toilette wat ge-brand is met die woorde, “Special Events,” terwyl ‘n jong vroulike fietsryer gesnuffel het tussend die ware. En die mark was ‘n mislukking in soverre so ‘n dinamiese mark ‘n mislukking ooit kon wees. “It’s a wash-out,” het ‘n trader opgmerk en verduidelik dat sy nie eens al haar goed uit haar kar gepak het nie. Dit was dus net ‘n dag vir die-hard winskopie jagters en fietsryers wat uitgemis het op hulle resies.

Offerandes
Offerandes wat die oog gevang het: ‘n Stalletjie wat baie aftrek kry,
was die ene met die vetplante, en dis geen wonder. Dis tog droogte. En dan was daar natuurlik ‘n stalletjie wat plantjies verkoop wat in dierebene geplant is en bietjie Mad Max-erig lyk. En daar was ene waar die landsvlaggie so gewapper het in die wind, en ene wat onder meer chutney sous verkoop het en  gelyk het of dit goed besigheid doen. ‘n Dogtertjie met ‘n geel smiley agterop haar baadjie het rondgehuppel.

Volgende jaar probeer ons weer
Mens het gesukkel om jou kop om dit te kry: Van heroïse Argus fietsresies na rondsit op die windverwaaide vlooimark. Dit was die eerste maal ooit dat so-iets gebeur het en niemand het vinger gewys nie. Volgende jaar probeer ons weer.

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.