Karlien Steun Vroeggeborenes

 

Karlien van Jaarsveld is self 'n ma. Foto: Facebook

Karlien van Jaarsveld het self ‘n baba verloor. Foto: Facebook

Karlien van Jaarsveld gee haar steun aan ‘n seer saak. Die sangeres tree in Julie op ten bate van die Voice of the Unborn Baby organisasie. Die organisasie beywer dit vir die regte van ouers van vroeggebore babas of fetusse, wat deur hospitale as mediese afval beskou word en weggegooi word.

Sonja Smith (links) en Karlien van Jaarsveld. Foto: www.causes.com

Sonja Smith (links) en Karlien van Jaarsveld. Foto: www.causes.com

Voice of the Unborn Baby is verlede jaar gestig deur nog ‘n dinamo, die sakevrou Sonja Smith-Janse van Rensburg van. Dit beywer dit daarvoor dat wetgewing oor vroeggebores moet verander. Die meeste mense is seker salig onbewus van wat gebeur met vroeggebore babas. Die Voice of the Unborn Baby-petisie beskryf die liefdelose einde: “Babies who die during the first 26 weeks of gestation, however, are currently being thrown away in red anatomical buckets as batches of common medical waste! Together with amputated arms & legs, tumors and other organs, they are then disposed of in an incinerator.”

Die petisie vra dat ouers die reg het om self te besluit of hulle vroeggebore baba begraaf of veras word. Volgens die reaksies onderaan die elektroniese petisie staan mense bankvas agter dit. Hoe is dit moontlik dat so ‘n onmenslike praktyk steeds voortgaan, kan mens net wonder. Jy kan die petisie onderteken by https://www.causes.com/actions/1757930-a-petition-to-the-south-african-government-dept-of-health-dept-of-home-affairs

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.