Honde Gevegte-Vrees

Peanut has taken care of little Bam Bam.

Peanut has taken care of little Bam Bam.

Peanut Animal Welfare is baie bekommerd oor die hoeveelheid pitbull hondjies wat hulle verskyning in Melkbosstrand maak. Michelle Worsfold, woordvoerder van die organisasie, sê hulle vrees dat die hondjies in gevegte gebruik gaan word.

Worsfold is besorg dat honde wat verdwyn van onder meer die strandgebied, gesteel word en opeindig as lokaas in hondegevegte.

Volgens die dierebeskermingsvereniging kan so ‘n troetelhond se pote vasgebind word om te keer dat hy vlug; sy mond kan toegebind word of sy tande kan getrek word om te keer dat hy homself verdedig.

Die troetelhond (dit word ook met katte gedoen) word soms op ‘n tipe ‘treadmill’ geplaas as aas voor ‘n gevegshond.

Jy kan ‘n hond identifiseer wat in gevegte gebruik is deur die volgende tekens: Die beserings wat tydens die gevegte opgedoen word is sigbaar aan die gesig, voorpote, agterpote en stert. Die ore en stert kan ook ge-“dock” wees sodat die hond nie deur middel van sy lyftaal kan kommunikeer nie. Die teenwoordigheid van baie pitbulls in een gebied, veral honde wat ongesosialiseer voorkom en aan kettings vasgebind is, is nog ‘n teken dat hulle in gevegte gebruik word.

Kontak Michelle Worsfold van Peanut Animal Welfare by 073 300 5100 of epos info@pawelfare.org of besoek http://www.peanutanimal.org/
Bronne: www.peanutanimal.org www.capespca.co.za

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.