Groente Gier

Don's bakkie turned up just before 7 0' clock.

Donovan Goodes se bakkie …

“Vanaand eet ons groenmielies uit ons tuin — in Houghton. Nou maar eenmaal ‘n boer.” – Elzilda Becker, redakteur van De Kat.

Mense dring al hoe meer aan op vars groente, en goeie groente. Sommige, soos die tydskrif redakteur Elzilda Becker, begin hulle eie groentetuin. Ander verander weer hulle inkopie patroon en koop groente op ander plekke as by die supermark. As gevolg hiervan het ‘n nuwe generasie van smouse ontstaan.

Nuwe super smous
Donovan Goodes van Don’s Fresh Produce is so iemand. Goodes bedryf ‘n besigheid wat ligjare anders is as die van die outydse groentesmous. Mens kan jou bestellings per epos/Facebook/telefoon plaas. Hy kom lewer dit dan by jou huis af op ‘n Donderdag (Flamingo Vlei tot Melkbosstrand) of Vrydag (Grotto Bay.) ‘n Boks groente kos R230. En as jy op die verste punt bly van Don se afleweringsroete, word jou groente tussen 6-7 nm afgelewer, soos wat met my die geval is. Dis ‘n persoonlike benadering en teen die einde van ‘n lang, uitputtende dag is Goodes steeds vriendelik en bied hy aan om die groente te dra.

Farmer John aka John Annandale.

Farmer John van Melkbosstrand.

Groente wat jou groen laat sien
Donovan kry kompetisie van Farmer John van Melkbosstrand. Farmer John, wat in die ware lewe John Annandale heet, koop sy groente op plase en verskaf dit aan restaurante.  Die groente wat oorbly, wat tipies sowat vier bokse volmaak, verkoop hy spotgoedkoop. Die groente lyk wonderlik!

Mens kan ook groente by die ACVV gaan koop. Dinsdagoggend vanaf
9-10 vm is groente-verkooptyd by die organisasie. Lieflike groen en rooi slaaiblare, Iceberg-slaaiblare, spinasie en preie is tans te koop hierso. Hierdie week word beet en preie geplant. Die groente word in twee tonnels, wat bekendstaan as The Garden of Hope, op die Buiteklub gronde verbou. Die mense is nederig oor hulle prestasie. “Sê maar net dis organiese groente wat baie redelik geprys word.”

Bel Donovan Goodes by 072 1269858; bel Farmer John by 073 897 3509 of epos farmerjohnfoods@gmail.com; bel die ACVV by 021 553 2745.

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.