Die groen strook wat loop tussen die Edge kerk en Birkenhead inkopiesentrum en Melkbosstrand Hoërskool is moontlik van groot argeologiese belang, maar dit het hulp nodig. Toe die Birkenhead gebou is, is ses menslike geraamtes hier gevind.
Die argeologiese fonds is maar een van vele in Melkbosstrand

Die paradys is bevark. Foto’s: Marnette Meyer
en omgewing, vertel Roy Fuller-Gee, voorsitter van die Friends of the Blaauwberg Conservation Area (FoBCA).
Mens sou jou kon voorstel dat die groen strook ontwikkel sou kon word as ‘n plek waar mense kan stap en die natuur geniet. Hier, in die middel van die dorp, is nog natuurlewe oor. Onlangs is valke op die rugbypale van die skoolveld hier langsaan gefotografeer. ‘n Blou kraanvoël het hier geparadeer. Twee mans wat kortpad vat deur die strook vertel dat hulle bokkies gewaar in die gebied.
Onveilig
Hierdie joernalis het op ‘n grou wintersdag deur die groen strook gaan stap saam met fotograaf Marnette Meyer en ‘n lid van die buurtwag. Die geselskap was nodig geag, want as vrou kry mens die indruk dat die area gevaarlik is. Dit bestaan uit vlak terrain, sandduine en ‘n natuurlike kom. Die geografiese faktore maak ook dat die gebied misbruik word. Dis bestrooi met plastiek en rommel, hope plastiek 2-liter bottles lê rond, waarvan sommige wat in half gesny is. Op ‘n punt moet mens koes vir menslike uitskeiding.

Groen strook of vullisgat?
Koperdraad en vure
Plek-plek is oorblyfsels van vure, want koperdiewe gebruik die privaatheid van die gebied om die plastiekomhulsel van die koper af te brand. Op ander plekke sien mens hoe mense kamp maak bo-op duine.
Die groen strook is op die oomblik nie ‘n plek waar ‘n drawwer sou kon veilig voel nie, en mens kry die idee dat bokkies nie lank daar sal kan leef voordat hulle in iemand se pot land.
Khoisan geraamtes hier naby gevind
Volgens Fuller-Gee sluit Melkbosstrand se ryk argeologiese fondse die volgende in: Drie Khoisan geraamtes is op ‘n perseel in Mostertstraat gevind. In Duinefontein en in die Koeberg natuur reservaat is fossiele gevind. Op Vaatjie se plaas is fossiele gevind wat 1.6 biljoen jaar oud is. Verder op langs die weskus, by Langebaan, is die tande van ‘n 8-jarige kind gevind. Die tande is in ‘n hiëna se gat gevind; die hiëna het dus moontlik die kind geëet. Die tande is in Amerika gedateer, waar bevind is dat hulle 160 000 jaar oud is.
Wat ‘n ryk geskiedenis het hierdie gebied nie! En hoe jammer dat dit bevark word.