Gesoek: Iemand soos Lena

Lena Smit se liefdestaak.

Lena Smit praat van ‘n liefdestaak.

Is jy dalk ‘n ‘safety parent’? Iemand wat kans sien om in te staan vir ander ouers wanneer die wêreld vir hulle te veel word? Konst. Debi Alard van Melkbosstrand polisie is hard op soek na sulke spesiale mense. Sy het reeds een spesiale vrou in Olive Close gevind. Lena Smit…

Lena het uit haar eie begin om oor naweke na mense se kinders te kyk, en dit sonder betaling. Hier’s 100 huise in Olive Close en dinge lol naweke wanneer mense drink. Die kinders van Olive Close weet egter hulle kan op sulke tye by Lena bly. Dis ‘n liefdestaak vir die fyn vrou’tjie, maar sy kan dit nie bekostig nie. Hier’s net een inkomste in die huis – die geld wat haar man as tuinier verdien.

Jy moet gekeur word vir die werk
Mens moet gekeur word vir die werk as safety parent. Die voornemende “safety parent” sowel as al die ander inwoners in die huis bo die ouderdom van 18, moet polisie klaring kry. Die klaring kan ses weke duur en kos R90 per persoon. Die staat help die deeltydse ouers glad nie geldelik nie. Geldelike hulp word net gegee as ‘n kind deur middel van ‘n hofbevel in iemand se sorg geplaas word. Konst. Alard probeer tans dink aan maniere hoe om “safety parents” wat finansieel sukkel te help. Speelgoed kan gegee word vir die kinders, krag kan gekoop word, sê sy. Dis dalk nodig in die geval om buite die boks te dink.

Indien nodig, sal die safety parents nie net naweke nie, maar ook saans moet beskikbaar wees om na kinders te kyk. Wat dryf ‘n mens om so onselfsugtig te wees? “Die liefde…” antwoord Lena eenvoudig.

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.