Die Laaste Groet

Taalman Danie Botha bring huldiging.

Taalman Danie Botha bring huldiging.

Taalman Danie Botha bring hier hulde aan ‘n meisie wat te vroeg dood is. Sy gevleuelde woorde skilder ‘n prentjie van skoonheid en pyn, en meer. Moontlik help dit selfs die familie op die pad na heelword.

“Dis seker nooit die regte tyd nie – maar veral nie as jy 16 is nie.

In ‘n kort lewe moes sy daarmee vrede maak dat sy nie haar tienerjare enduit sou beleef nie, dat sy nooit die drome van haar jongmeisie-wees tot wasdom sou sien kom nie. Dat haar vlerke vroeg geknip sou word. Beeldskone, NICE kind wat op ‘n Donderdagoggend laat in Augustus onder helder sonskyn in die Overberg se klipperige grond toegemaak word. Om tot rus te kom. Van jarelange pyn, van siek wees. Wat self haar begrafnis ge-”reёl” het, die verse wat die dominee moes voorlees gekies het, ook wat ons in die kerk moes sing. Op die doek langs die preekstoel fotogrepe uit haar 16 jaar wat vir ons voorgehou word. Haar tweelingbroer wat onder die mooiste blommeruiker vir haar ‘n kers aansteek. Die vlammetjie het dwarsdeur die diens helder bly brand. Vir ‘n gewyde halfuur raak ons stil en vergeet eers van die dinge wat ons daagliks meemaak, wat ons voortdu.

BegrafnisblommeWanneer ons die kerk verlaat, ruil ons ‘n paar gemeenplase uit met bekendes wat ons nie onlangs teёgekom het nie. Dit bly ongemaklik. Van haar maats in skooluniform staan half onrustig eenkant. Hoeveel kan hulle verstaan van wat sy in ‘n baie kort lewe moes leer aanvaar en verwerk. ‘n Kort lewe waarin sy sekerlik meer moes probeer inpak en waardeer wat vir baie ander tot op 60, op 70 en meer beskore is.

Ek voel vandag hartseer, ook omdat EK nie heeltemal verstaan nie. Ek is seker haar ouers en tweelingboet sal hul troos vind – mettertyd raak die rou gesond en die rowe val later af. Littekens word in elke emosie ingebrand .Ons almal weet dit. Maar vandag, in die helder sonskyn, is dit of die lig effens dof geraak het, die lug net TE winters, so asof die lente nog eers wil terughou.” – Danie Botha.
Danie Botha Language Services / Taaldienste

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.