
Konst. Debbie Alard met van die kinders.
Oulike patroontjies! Die dagsorg van Melkbosstrand Care Center het onlangs gaan inloer by die plaaslike polisiestasie. Konstabel Debbie Alard het geskenke en koeldranke uitgedeel aan die kinders en vir hulle gewys hoe lyk die kamer waarin “kinders wat seer het” as gevolg van aanrandings, berader word.

Binne-in die kamer vir “kinders wat seer het.”
Die kamer is so kinder-vriendelik soos sy, met ‘n reuse teddie en vrolike prente teen die mure. Konst. Alard som die boodskap agter die besoek op as volg, “Die polisie is hulle vriende.”