Dae met Dooie Eienaar

Fluffy kort nadat sy gevang is.

Fluffy nadat sy gevang is.

Frankryk en New Zealand het verlede jaar vir diere die status van ‘sentient beings’ gegee. Die lande erken dus dat diere emosies het en vrees en ongeluk en geluk kan ervaar, nes mense. Plaaslik lyk ons diere se situasie egter nog benard. Ons doen wat ons wil met ons diere …

Soms vertel ‘n reeks foto’s meer as wat woorde kan. Michelle Worsfold van Peanut Animal Welfare op Melkbosstrand vertel dat hulle onlangs twee katte in Ou Skip Karavaanpark gered het. Sy’t vir ons die aangrypende foto’s van die katte gestuur wat tydens die vang-proses en in die dae daarna geneem is.

Die katte was dae lank saam met hulle dooie eienares in haar trailer toegesluit. Hulle kon nie uit die trailer kom nie, en was moontlik nog nooit in hulle lewens buitekant nie. “Hulle was glad nie gesosialiseer nie,” vertel Michelle. Hulle het egter uitgekom toe maatskaplike dienste die trailer oopmaak om die ou dame te besoek, en toe was die vet in die vuur.

Die katte het uit die trailer gevlug, in ‘n wêreld in wat vir hulle heeltemal vreemd was. Dis op hierdie stadium wat Peanut Animal Welfare ingeroep is.

Fluffy skuil.

Fluffy skuil.

Vreemde wêreld

Fluffy en Dottie.

Fluffy en Dottie herenig.

Fluffy, ‘n mooi wit-en-gemmerkat, is eerste gevang en na ‘n foster huis op die dorp geneem. Sy’t so tekere gegaan in die hok dat sy egter haar neus seergemaak het. Fluffy se ma, Dottie, het ‘n week lank in die bosse rondom Ou Skip weggekruip voordat Michelle-hulle haar kon vang.

In die tyd toe haar ma weg was, het die jonger kat bosgegaan. Sy’t haar lê-plek omgekeer en onder dit weggekruip. Sy’t eers kalmeer toe sy met Dottie herenig is in die gerieflike cabana wat die foster huis verskaf.

Hulle moet saambly.

Hulle moet saambly, sê Peanut Animal Welfare.

In hierdie geval sê Michelle reguit dat die twee katte vir die res van hulle lewens saam moet bly en dat hulle binne-katte sal moet wees. Veral Fluffy het nog ‘n pad om te stap, voordat sy reg sal wees vir aanneming.

Foster huise nodig
Peanut Animal Welfare benodig dringend nog foster huise vir diere in nood soos Fluffy en Dottie. Hulle verduidelik dat dit mense niks hoef te kos nie. Peanut Animal Welfare betaal die diere se kos en mediese onkoste; hulle soek net mense met goeie harte en huise om diere tydelik in te neem. ‘n Foster huis dien as ‘n brug tussen ‘n dier se trauma en ‘n beter toekoms. Dis ‘n plek waar hulle kan gewoond raak aan veiligheid en menslike goedheid.

Kontak Elmien by 0827384845; Christa by 082 859 1546 of Michelle by 073 300 5100 of epos info@pawelfare.org.

NEWSLETTER

SIGN UP

Do you want to get the latest news from Melkbos.net? Enter your email address and click subscribe.